Holiday Stays

Aanwysings na 75 Milner Lodge

Aanwysings

Vanaf Johannesburg:
- Jy kom Kimberley binne met die N12 en ry verby die Flamingo Casino net buite die dorp;
- Jy is nou in Transvaal Road (nuwe naam van straat: Phakamile Mabija), gaan voort met hierdie pad totdat jy by ’n verkeerslig kom met Kentucky Fried Chicken aan die oorkant;
- Daar is ’n groot bord wat Bloemfontein/Airport sê aan jou linkerkant;
- Draai links by hierdie verkeerslig, jy is nou in Cecil Sussman Road;
- Gaan voort in hierdie pad vir 4,5 km, verby die stasie;
- Gaan voort oor ’n paar verkeersligte totdat jy Auto Pedigree voor jou aan jou linkerkant sien;
- Gaan reguit oor hierdie verkeerslig, jy sal Medi Clinic aan jou linkerkant sien en Kimberley Hospital Complex aan jou regterkant, jy is in Du Toitspan Road;
- Gaan oor een verkeerslig na die hospitale en draai regs by die volgende straat, Milner Street;
- Ons is nommer 75 Milner Street;
- Die ingang na die lodge is om die hoek - op die hoek van Milner Street en Oliver Road.

Vanaf Bloemfontein/Kimberley Airport (N8):
- Soos jy uit die Airport kom, draai jy links op die N8 Kimberley in;
- Jy sal die Diamond Pavilion Mall aan jou linkerkant sien;
- Gaan voort met hierdie pad (Oliver Road) vir 2 km;
- Ons is die heel laaste huis aan jou regterkant voordat jy by die groot monument/sirkel in die middel van die pad kom;
- Dit is ’n geel gebou aan jou regterkant, kyk uit vir die AA-vlag.

Vanaf Kaapstad:
- Soos jy Kimberley binnekom, ry jy verby die Horseshoe Motel;
- By hierdie eerste verkeerslig draai jy regs in McDougall Street in;
- Gaan voort in hierdie straat totdat jy by ’n T-aansluiting kom;
- Draai links in Oliver Road in en gaan voort vir 2 km;
- Ons is die heel laaste huis aan jou regterkant voordat jy by die groot monument/sirkel in die middel van die pad kom.

Vanaf Upington:
- Jy kom Kimberley binne via Schmidtsdrift Road;
- Gaan voort met hierdie pad verby die Mercedes Garage en BMW (Sovereign Motors), verby Medicross totdat jy ’n groot ABSA Bank aan jou linkerkant sien;
- By hierdie verkeerslig moet jy regs in Bultfontein Road indraai;
- Gaan voort in Bultfontein Road, verby die Info Centre totdat jy by die groot sirkel/monument in die middel van die pad kom;
- Neem die 3de afrit in hierdie sirkel, die een wat Bloemfontein sê (Oliver Road);
- Ons is die eerste huis aan jou linkerkant;
- Die ingang is in Oliver Road.

Adres

Kimberley, Northern Cape

Memorial Road Area, Beaconfield

GPS: -28.7547, 24.7688

Maak oop in Google Maps →
← Terug na 75 Milner Lodge

Kaart