Aanwysings na JubelnJuig
Aanwysings
Aanwysings na die vestiging:
Vanaf Kaapstad neem die R27 Weskuspad. Ry verby Melkbosstrand, Yzerfontein, Nasionale Weskuspark, Langebaan, Saldanha, Vredenburg en reguit in Velddrif in oor die Carinusbrug. Draai links in Voortrekkerstraat in, verby die toerisme-inligtingskantoor links by die Munisipale Geboue, Poskantoor, verby Port Owen, reguit af tot by die T-aansluiting. SPAR links waar jy voorsienings vir jou verblyf kan koop. Draai regs, verby die Landdroshof, waarna jy by ’n 4-rigtingstop aankom. Van hier af ry jy verder 13km en word jy in Dwarskersbos verwelkom. Af met die Hoofstraat, let op jou spoed. Watertoring regs; groen Mini Market regs. Sea Kaia Restaurant links en Caravan Park links. Reguit aan in die rigting van Eland’s Bay. Ry verder ongeveer 1 km en links sal jy ’n groot aanwysingsbord sien met ‘SKILLIEPARK’. Draai links in Hoofstraat in.
Ry twee blokke verder en kom by ’n ‘T-aansluiting’. Draai regs in Rocherpanstraat in. Deur die ‘S’-draai en reguit aan, oor ’n spoedhobbel. Na die stopteken, ry reguit aan en draai regs in Pikkewyn Close in. Links, nr 4, vind jy JubelnJuig. Parkeer asseblief onder die traliedak regs by JubelnJuig. Jy het aangekom!

Adres
4 Pikkewyn Close Kersbos Strand Dwarskersbos 7365
Kersbos Strand, Dwarskersbos
GPS: -32.681, 18.2458
Maak oop in Google Maps →