Aanwysings na Kololo Game Reserve
Aanwysings
Neem die R21 noord na Pretoria(Tswane). Nader aan Pretoria draai van die R21 af op die N1 en gaan noord verder verby Pretoria rigting Pietersburg(Polokwane). Draai links op die R33 na Nylstroom(Modimolle) by die Kranskop-tolhek. Gaan deur Nylstroom en deur Vaalwater(Mabatlane) (Moenie regs draai op die R33 na Ellisras in Vaalwater nie - gaan reguit voort na Bulgeriver/Thabazimbi) en 8km na Vaalwater draai links op die Bakkerspas-pad (daar is Boom Gate en 'n bord na Kololo). Ry 29 km op 'n grondpad en vind Kololo se hek aan jou regterkant. Totale afstand van die Lughawe na Kololo ongeveer 280km.
Adres
Bakkerspas Road, Vaalwater, Limpopo, South Africa,
Welgevonden Game Reserve
Vaalwater
0530
Vaalwater, Hartbeestfontein
GPS: -24.38089, 27.8606
Maak oop in Google Maps →