Aanwysings na Little Lotta Cottage
Aanwysings
Komende van Kaapstad, neem die tweede afrit na Caledon (Venster restaurant aan jou linkerhand). By die stopstraat (Victoria Mall regs), draai links in Nerina-laan. Draai weer links in Ixia-straat en weer links in Crassula-laan. Die pad maak ’n draai na regs en die eerste pad aan jou regterkant sal Disa-straat wees.