Holiday Stays

Aanwysings na Waddem Bushlodge Accommodation

Aanwysings

Aanwysings en toegangskode na die eiendomme sal aan jou gestuur word by bevestiging van bespreking. Hou asseblief Lynette se selfoonnommer byderhand 0662943806, sou jy haar moet kontak, voordat jy by die hoofhek aankom.

Aanwysings na Elandsfontein Gate, Mabalingwe Nature Reserve

Vanaf die Bela-Bela Waterfront ry oor die spoorbrug in die rigting van die dorpsentrum.
By die eerste verkeersligte draai links in Potgieter Road in en volg die pad om die bocht na regs.
By die 2de stopstraat draai links in Chris Hani Drive in.
Gaan reguit oor die 4-rigtingstop buite die Forever Resort, en neem dan die eerste regs in Grobler Avenue in.
Gaan reguit oor 2 stopstrate (Grobler Avenue word Roberston Road) en dan vir nog 9km's (ongeveer) totdat jy by 'n gruispad aankom.
Bly op die gruispad en na 4.8kms draai links by die padteken "Cyferfontein", (dit is die eerste pad na links op die gruispad. Daar sal ook 'n teken vir Elements Golf course by hierdie punt wees).
Gaan voort op hierdie pad vir nog 5kms (ongeveer) totdat jy die Mabalingwe/Elandsfontein-hek aan jou linkerkant sien (oorkant die Elements Golf Course).
Hou asseblief Lynette se selfoonnommer byderhand 0662943806, sou jy haar moet kontak, voordat jy by die hek aankom.
Geniet julle verblyf by ons luukse selfsorg lodges in die Mabalingwe Nature Reserve.

Adres

R516 Rooiberg Road (Main Gate)
Mabalingwe Game Reserve
Bela Bela
0480

Bela Bela, Waterberg

GPS: -24.84934, 28.04283

Maak oop in Google Maps →
← Terug na Waddem Bushlodge Accommodation

Kaart