Holiday Stays

Aanwysings na Zebrina Guesthouse

Aanwysings

Vanaf Mozambique -Malelane-Komatipoort:
Neem die N4 in die rigting van Nelspruit. Volg die snelweg en na ongeveer 100km’s vanaf Komatipoort sal jy in Nelspruit aankom.
Gaan voort verby 7 verkeersligte en draai links by die 8ste verkeerslig in Kaapschehoop Road. Draai links by die tweede verkeerslig (nadat jy 1 verkeerslig en 1 verkeersirkel (rotonde) verby is) in Dr Enos Mabuza Drive.

Draai regs by die eerste stopstraat (tweede moontlike ingang) in Belladonna Street. Draai links in die eerste straat, Zebrina Crescent. Ons is nr 3, wat die tweede huis aan die linkerkant is. Parkeer asseblief buite en lui die gonser sodra jy aangekom het.

Vanaf Johannesburg - Pretoria - Kaapstad
Neem die N4 Witbank-rigting (vanaf Pretoria) of N12 Witbank-rigting (vanaf Jhb). Volg die snelweg verby Witbank, Middelburg en Belfast. Ongeveer 5kms vanaf Nelspruit, neem die afrit links na Nelspruit /Barberton R40. By die derde verkeerslig draai regs in Kaapschehoop Road. Draai links by die tweede verkeerslig (nadat jy 1 verkeerslig en 1 verkeersirkel (rotonde) verby is) in Dr Enos Mabuza Drive.

Draai regs by die eerste stopstraat (tweede straat) in Belladonna Street. Draai links in die eerste straat, Zebrina Crescent. Ons is nr 3, wat die tweede huis aan die linkerkant is. Parkeer asseblief buite en lui die gonser sodra jy aangekom het. Welkom!

Vanaf Baberton
Neem die R40 in die rigting van Nelspruit. Gaan voort totdat jy die Excel garage en Spur aan jou regterkant sien, by daardie verkeerslig draai links in Dr. Enos Mabuza Drive.

Gaan reguit voort oor twee verkeersligte. By die driepuntstop, neem die slipweg links Belladonna Street. Draai links in die eerste straat by Zebrina cresent. Ons is geleë aan jou linkerkant by nr 3, wat die tweede huis aan die linkerkant is. Parkeer asseblief buite en lui die gonser sodra jy aangekom het. Welkom!

Vanaf White River - Hazyview - Sabie:

Neem die R40 in die rigting van Nelspruit. Volg die pad vir ongeveer 20km en jy sal in Nelspruit aankom. Nadat jy 7 verkeersligte verby is (en die Crossing shopping centre aan jou regterkant), draai regs by die volgende verkeerslig op die N4 Pretoria Road. Draai links by die volgende verkeerslig in Kaapschehoop Road. Draai links by die tweede verkeerslig (nadat jy 1 verkeerslig en 1 verkeersirkel (rotonde) verby is) in Dr Enos Mabuza drive.

Draai regs by die eerste stopstraat (tweede straat) in Belladonna Street. Draai links in die eerste straat, Zebrina crescent. Ons is nr 3, wat die tweede huis aan die linkerkant is. Parkeer asseblief buite en lui die gonser sodra jy aangekom het. Welkom
Welkom!

Adres

14 February Close Enguire Here -- $('#layerslider').layerSlider({ autoStart true responsive true responsiveUnder

Nelspruit

GPS: -25.4806, 30.9545

Maak oop in Google Maps →
← Terug na Zebrina Guesthouse

Kaart