Villa Rose Cottages
By Villa Rose Cottages is ons kamers luuks en gemaklik met en-suite badkamers, patio-areas sowel as gratis Wi-Fi. Ons voorsien in alle soorte oornagte; ons bied ook afslagtariewe aan gaste wat verlengde verblyf benodig. Baie van ons gaste kom by ons oornag terwyl 'n familielid behandeling by die Life Rosepark Hospital ontvang, slegs 1.5 km van ons geleë. Ons nooi u uit om by ons te kom oornag en ons warm verwelkoming en gasvryheid te ervaar, Villa Rose Cottages help om troostende herinneringe vir al ons gaste te skep!