Aanwysings na Fisaasbos
Aanwysings
Fisaasbos is 13km buite Tulbagh, op die Winterhoek-valleipad.
As jy Tulbagh vanaf Kaapstad via Nuwekloofpas binnekom, draai links in die hoofstraat, Van der Stelstraat.
As jy vanaf Bainskloof via Wolseley kom, kom jy die dorp op Van der Stelstraat binne.
Gaan deur die dorp en gaan voort met hierdie pad, verby die Nederduitse Gereformeerde Kerk (regs) en dan die skougronde (links).
Ongeveer 4km buite die dorp is daar ’n vurk in die pad.
Jy sal die Drostdy aan jou regterkant sien, maar hou links.
Ongeveer 10km buite die dorp is daar ’n tweede vurk in die pad, wat ‘Misgund’ regs aandui.
Hou links vir ‘Winterhoek’. Nog ’n paar km en die pad begin vernou. Jy behoort ’n Cul de Sac-bord te sien.. maar hou aan – en ry nou stadig asseblief – totdat die pad (nog steeds teerpad die hele pad) skielik afduik deur die ‘Gaatjie’. Soos jy uit die afduik kom, hou (steeds) links en volg die klein Fisaasbos-bordjie op die redelik steil gruispad. Minder as 1km op kom jy by jou bestemming aan.

Adres
Main Winterhoek Road
Tulbagh
6820
Tulbagh, Cederberg
GPS: -33.18043, 19.1506
Maak oop in Google Maps →