Gazelle Estate
Alle chalets naamlik Sinkhuisie, Kliphuisie en Karooland het dieselfde oopplan-vloeruitleg wat 1 paartjie per eenheid kan huisves en is toegerus met 'n standaardgrootte dubbelbed en 'n ruim badkamer bestaande uit 'n instapstort, toilet en wasbak. Die kombuis het 'n aangename "back to basics"-gevoel met al die noodsaaklikhede om voor te berei vir jou heerlike braai.