Wine Route 44 Guesthouse
Wine Route 44 Guesthouse is net 'n paar minute se ry vanaf Suid-Afrika se beste wynlandgoedere, pragtige Kaapse strande en kampioenskap-gholfbane. Ons word NIE deur Loadshedding geraak nie aangesien ons sonkrag en 'n kragopwekker as rugsteun het. Akkommodasie word in 7 eenhede/ kamers aangebied. Die Gastehuis-kamers kan elk 2 gaste huisves. Die Selfsorg-huisies kan onderskeidelik 2,3 of 4 gaste huisves.