Aandmuzik Guesthouse
Aandmuzik Guest House bied 7 en-suite dubbelkamers en 2 familiekamers met privaat ingange en uitsig op die tuin en swembad Kamers is rookvry. Vir rokers is daar balkonne. Ontbyt word as 'n buffet bedien en gaste word op verskillende tye van hul keuse geakkommodeer om by hul skedules te pas en te verseker dat almal gemaklik is. Aandete, deur die tuisafleweringsisteem - groepe volgens reëling.