Nemesia Court
Nemesia Court-eenhede is geleë in die hartjie van Durbanville, binne 'n moderne sekuriteitskompleks. Dit bied gehalte-akkommodasie, ideaal vir sakereisigers, vakansiegangers en gaste wat soek na akkommodasie naby Durbanville Medi-Clinic. Daar is drie een-slaapkamerwoonstelle (twee op die grondvloer en een op die eerste verdieping) en twee twee-slaapkamerwoonstelle (albei op die eerste verdieping) om van te kies. Die woonstelle is modern, ten volle gemeubileer en het ingeboude oordekte braaifasiliteite. Gaste het toegang tot onbeperkte internet.