Sweni Lodge Mjejane Kruger
*Sweni Lodge is 'n pragtig ingerigte selfsorg 3-slaapkamer bos-gerigte lodge. Volledig lugversorgd met sonkrag-rugsteun, gasstoof en geiser wat minimale onderbrekings verseker. Oopplan kombuis met ontbytplek na die sitkamerarea en wat uitloop na 'n buite eet- en sitarea met uitsig oor die bosveld *Goed uitgelê braai-area om koel aande onder die sterre te geniet. Die swembad en vermaakarea is 'n kort stap van die lodge af, asook 2 sonsondergangdekke. Die lodge het sy eie private wildkykvoertuig waarvoor wildritte met kundige gidse geboek kan word